Vandat kunsrotswerk in die vroeë negentigs begin populêr raak het, het ons reeds daarmee begin eksperimenteer as nog ‘n dekoratiewe aanwending. Die eienaar is reeds 10 jaar in die “leefstylverbeterings” bedryf en het in 2000 Rockworks, wat hoofsaaklik in hoë standaard kunsrotswerk spesialiseer gestig. Ons stal jaarliks op die Homemakers Expo, in Pretoria uit en het reeds twee toekennings daar ontvang, waarvan die een toekenning baie hoog geag word, aangesien 360 uitstallers op daardie Expo uitgestal het. Ons het ook ‘n tak in Chicago, Illinois. Die eienaar het hierdie tak op die been gebring in 1999 en is hierdie tak nou 5 jaar oud. Hulle konsentreer meer op binneshuise rotswerk, aangesien die ekstreme weersomstandighede dit vereis.